Ligpos - Pos Vakature: Kode 10 (C1) Leerling Vragmotorbestuurder
POSBESONDERHEDE:
* Posbenaming: Kode 10 (C1) Leerling Vragmotorbestuurder
* Arbeidsveld: Vragmotorbestuur, Logistiek
* Plek: Groenteplaas in Rayton omgewing
Beskrywing van die Pos:
Soek jy 'n opwindende nuwe loopbaan? Ons is op soek na 'n betroubare en gemotiveerde individu om as Kode 10 Leerling Vragmotorbestuurder by ons span aan te sluit. Geen ondervinding is benodig nie, want ons bied die nodige opleiding en ondersteuning om jou te help slaag. Jy sal verantwoordelik wees vir die bestuur van 'n kode 10 vragmotor en die aflewering van groente aan verskillende markte en kliënte. Jou karakter en bereidwilligheid om te leer is wat ons die meeste waardeer.
Moet reeds ‘n geldige kode 8 lisensie besit met ‘n skoon kriminele rekord
Pos Pligte en Sleutelwerksaamhede:
* Bestuur van 'n kode 10 vragmotor vir groente-aflewering (onder toesig terwyl jy leer).
* Terwyl jy leer om groot trok te ry, moet jy die bakkies en ander voertuie ook kan bestuur.
* Verseker dat die vragmotor in 'n goeie en veilige toestand is.
* Voltooi van afleweringsdokumentasie.
* Kommunikasie met kliënte rakende afleweringstye en vereistes.
* Let op die roetine en netwerke van aflewerings.
* Laai en optel van oeste by verskeie plase.
Behoefte Vereistes vir Pos:
Kritiese Vereistes:
* Minimum geldige kode 8 (B of EB) bestuurslisensie.
* Betroubare en verantwoordelike ingesteldheid.
* Fisies in staat om te help met die laai en aflaai van goedere.
Voordelige Vereistes:
* Enige ervaring in die aflewering van groente of voedselprodukte is 'n bonus, maar nie noodsaaklik nie.
* Sterk kommunikasie vaardighede en 'n probleem-oplossende benadering.
* Integriteit
* Nederigheid en bereidwilligheid
Vaardighede:
* Bestuurvaardighede en aandag aan detail.
* Tydsbestuur en 'n positiewe houding.
Basiese Eienskappe:
* Betroubaarheid en integriteit.
* Leergierig en bereid om te groei saam met die maatskappy.
* Fisiese uithou en goeie gesondheid.
* Nederigheid en bereidwilligheid
* Sterk Werksetiek
* Sterk integriteit
* ‘n Drywer moet baie geduldig wees
* ‘n Drywer moet respekvol wees teenoor sy bestuur en die maatskappy se kliente aangesien sommige kliente soms moeilik kan wees.
Spesifieke Verbode Aspekte:
* Geen dwelms of oneerlikheid nie.
* Moet 'n skoon kriminele rekord hê.
* Onbehoorlike gedrag of bestuur sal nie geduld word nie.
* Slegte taalgebruik of enige negatiewe of skinderpraatjies is nie deel van die maatskappy se kultuur nie.
Werksomgewing:
Beskrywing: Hierdie pos vereis 'n sterk werksetiek. Die bestuurder moet bereid wees om in verskillende weerstoestande te werk en soms langer ure aan te wend om aflewerings te voltooi.
Werkplek: Tussen Donkerhoek en Rayton
Werkplek Streek: Plaaslike afleweringsroetes (Gauteng)
Dienperiodes:
* Indiensnemingdatum: Na 2 onderhoude suksesvol voltooid is.
* Werksure & Werksdae:
* 40 tot 45 uur per werksweek
* Vaste werksweek
Verlof:
* 1 dag verlof vir elke 17 dae gewerk
* 30 siekverlofdae in 'n 3 jaar siklus
Kennisgewingstydperk:
* 1 week indien minder as 6 maande gewerk
* 2 weke indien meer as 6 maande maar minder as 'n jaar gewerk
* 4 weke indien langer as 'n jaar gewerk
Vergoeding vir Dienste:
* Maandelikse besoldiging, afhangende van die kandidaat se profiel.
Individue wat aan die vereistes van die pos voldoen, word aangemoedig om aansoek te doen.
Sluit by ons aan en laat ons saam groei!
#J-18808-Ljbffr